
Assesering in LO:
Projekte: Laat die leerders ‘n kans kry om te gaan werk vir 3 dae by ‘n plek van hul keuse, dit moet by ‘n plek wees waar hulle gaan belangstel om te werk eendag.
• Maak ‘n plakkaat wat die gesondheids rissiko’s van tieners inhou:
-
Swangerskappe
-
depressie
-
Angstigheid
-
Dwelm misbruik
• Ontwerp ‘n 10 jaar plan van waar jy jouself eendag sien en die doelwitte wat jy al wou bereik het.
Ontwerp en vaardighede:
• Ontwerp ‘n plakkaat van die volgende 3 siektes naamlik: HIV/VIGS, TB en Cholera en da nook een van die volgende ingesluit: Dwelm misbruik, nagevolge van steroids of alkolisme..
• Maak ‘n powerpoint wat jy in ‘n groep van 2-3 persone voor in die klas gaan aanbied wat handel oor ‘n mens se selfbeeld en die positiewe en negatiewe gevolge van n swak en goeie selfbeeld.
Geskrewe take:
Loopbaan keuses:
Kies `n loopbaan waarin jy belangstel en wat jy dink jy sou wou volg. Doen navorsing oor hierdie loopbaan onder die volgende opskrifte:
-
Naam van die loopbaan: die title van jou projek
-
Wie is die werkgewer: gaan jy vir jouself, privaat of staat werk
-
Dragkode vir die loopbaan: klede moet geskik wees
-
Gereedskap of werkstoerusting benodig vir die loopbaan: benodig jy sosiale toerusting
-
Bedrywighede wat verband hou met die werkomgewing: watter take moet jy elke dag uitvoer.
-
Werkplek of instelling: waar sal jy werk? Sal dit tuis wees, in `n kantoor of by `n hospital.
-
Persoonlike karaktertrekke: watter sort persoonlikheid is die aangewese vir die loopbaan?
-
Skoolvakke en vlak van onderrig: vereistes vir die loopbaan. Noem en verduidelik waarom skoolvakke nodig is en die vlak waarop hulle bestudeer moet word.
Praktiese demonstrasies:
Liggaamsopvoedingtaak:
-
Doen bewegings waar jy jou bes gaan gee om jou balansering, rotasie, elevasie en ritmiese bewegings self te verbeter en te leer hoe om dit te doen.
Drie merkers word uit gesit, by elke merker moet jy die volgende doen.
Merker 1: hou jou arms langs jou sye en draai twee keer lings en twee keer regs.
Merker 2: doen `n rondomtalie
Merker 3: doen enige roterende beweging wat jy wil
-
Staan in `n sirkel.
-
Jou onderwyser sal die volgende aanwysings roep wat jy moet doen sodra hy of sy uitstap.
-
Staan regop, lig jou regterbeen en balanseer op jou linkerbeen. Hou dit so vir 10 tellings. Ruil bene en herhaal.
-
Strek jou arms bokant jou kop uit.
-
Buk nou laag met jou arms sywaarts uitgestrek. Hou dit vir 10 tellings en staan dan op.
-
Staan met jou hakke teenmekaar en jou tone sywaarts uitgedraai.
Hou jou arms na die kante uit. Hou jou rug regop en jou hakke op die grond. Buig jou kniee so ver moontlik terwyl jy afsak. Hou dit so vir tien telling, balanseer, en kom dan regop.