top of page

sportetiek:

 

Etiek in sport vereis vier kernbegrippe: regverdigheid, integriteit, verantwoordelikheid en respek.

1. Regverdigheid

·         Alle atlete en afrigters moet gevestigde reels en riglyne van hul onderskeie sport volg.

·         Spanne wat n onregverdige voordeel teenoor hul opponent soek, skep n ongelyke speelveld wat die integriteit van die sport in die groot stryd stel.

·         Atlete en afrigters word nie teen gediskrimineer of uitgesluit van deelname aan n sportsoort wat gebaseer is op hul ras, geslag of seksuele orientasie nie.

·          Skeidsregters moet die reels ook van toepassing maak op albei spanne en kan nie vooroordeel of toelaat dat persoonlike belang die uitslag van die beinvloed nie.

 

2. Integriteit

·         Soortgelyk aan regverdigheid, is dat enige atleet wat die neiging het om 'n voordeel te kry oor sy of haar opponent deur middel van n vaardigheid wat nie in die spel is nie, toon 'n gebrek aan persoonlike integriteit en is dan in die stryd met die integriteit van die spel. Byvoorbeeld, wanneer n speler maak of hy/sy  beseer word, het hy of sy nie opgetree in 'n sportiewe wyse nie. BV by sokker.

 

3. Verantwoordelikheid

·         Om n sportman te wees vereis van spelers en afrigters om verantwoordelikheid vir hul prestasie, sowel as hul optrede op die veld te neem. Dit sluit meestal hulle emosies in asook aggressie.

·         Baie keer sal atlete en afrigters verskonings maak hoekom hulle die wedstryd verloor het. Die mees gewilde verskoning is om die skeidsregter te blameer. Die eerbare ding om te doen is om net te fokus op die aspekte van die spel. Verantwoordelikheid vereis dat spelers en afrigters op datum bly met die reels en die regulasies van hul sport soort.

·         Verantwoordelikheid vereis dat spelers en afrigters hulself op 'n eerbare manier gedra, op die veld, sowel as van die veld a fen om as n ikoon raak gesien te word.

 

4. Respek

·         Alle atlete moet respek vir spanmaats, teenstanders, afrigters wys.

·         Alle afrigters moet respek vir hul spelers, teenstanders, en amptenare wys.

·         Alle ondersteuners, veral ouers, moet respek vir ander ondersteuners, sowel as beide spanne en Spelere he.

 

Sportmangees is gebou op die idee dat sport beide karakter ontwikkeling aanmoedig en demonstreer, wat dan die morele karakter van die breer gemeenskap beinvloed. Hoe ons elkeen meeding in sport kan altyd 'n uitwerking he op ons persoonlike morele en etiese gedrag buite die kompetisie.

 

Praktiese take:

 

·         Onderwysers kan ‘n fliek gebruik om sportetiek te demonstreer. Leerders kan dan ‘n klasbespreking hou en verduidelik waar die vier kernbegrippe van sportetiek in die fliek voorkom. N goeie voorbeeld van so n fliek is facing the Giants dit wys ook vir ons dat in sport ons in ons span maats moet glo.

 

Videos van swak sportmanskap kan dan ook vir die leerders gespeel word. Leerders moet dan bydra en se watse swak sportmanskap daar voorkom en dan hoe die situasie vermy kon geword het en beter reggestel word.

INLEIDING TOT LO As VAk

bottom of page